WARSAW, POLE. – ’n Brand het vroeg Sondagoggend by ’n winkelsentrum met meer as 1 400 winkels in Warsaw uitgebreek.
Die Marywilksa-winkelsentrum word deur die Mirbud-maatskappy besit. Volgens Meriusz Feltynowski, bevelvoerder van die brandweerdiens, het die hele winkelsentrum afgebrand.
Inwoners van die omliggende area is gewaarsku om binnenshuis weens die digte rook te bly. Meer as 200 brandbestryders het geswoeg om die brand onder beheer te kry.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend gemaak nie. Geen beserings is aangemeld nie.
#BREAKING Footage of a large fire in a shopping center on the outskirts of Warsaw
— The National Independent (@NationalIndNews) May 12, 2024
The city is covered in smoke. pic.twitter.com/0IlpOwxAUY
Bronne: Reuters, AP News, Washington Post





