Kyk: Brand verwoes huis in Kalkbaai

Lees ook :

Die brand soos van bo gesien. Foto: Brenton Geach van Daily Maverick

KALKBAAI, WES-KAAP. – ’n Brand het Maandag in Kalkbaai ten minste een huis in puin gelê. Nog ’n huis is beskadig. Gevolglik moes Boyesweg, Old Boyesweg, Kalkbaai se hoofstraat en Clairvauxweg vir verkeer gesluit word.

Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder van die stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, was die inwoners van die afgebrande huis nie tuis tydens die insident nie. Geen ander inwoners is ontruim nie.

Die brande is deur droë en warm toestande bevorder. Teen 20:00 gisteraand was die meeste brande volgens Carelse onder beheer gebring, maar brandbestryders het deurnag gewerk om die situasie te kontroleer en onder beheer te hou.

Verskeie reddingspanne waaronder dié van Tafelberg Nasionale Park het met die brandbestrydingspogings gehelp. Helikopters is ook ingespan.

Weerstoestande vir die ontstaan van wegholveldbrande word weer vir vandag vir die Wes-Kaap voorspel.

Inwoners het die volgende beeldmateriaal op sosiale media gedeel:

Bronne: Die Stad Kaapstad, Table Mountain National Park, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief