Kyk: Buffel die rob vertoef op Onrus-strand

Lees ook :

Buffel die seerob vertoef op Onrus-strand. Foto: Verskaf

ONRUS, WES-KAAP. – Inwoners van Onrus is die naweek verras met ’n bekende besoeker wat besluit het om sy jaarlikse vervelling op Onrus-strand te ondergaan.

Buffel, die suidelike olifantrob, is al voorheen by Duiker-eiland, Kaappunt en Vishoekstrand opgemerk. Hy is na bewering in die middel van sy vervellingsfase wanneer hy sy pels saam met die onderliggende vellaag afskud.

Na verwagting sal hy vir ’n maand tot die land beperk wees waar hy meeste van sy tyd aan slaap en lui-wees op die stand sal wy. Volgens inligting kan hy tot 25 persent van sy liggaamsmassa verloor.

Inwoners het opgemerk dat hy omrol en homself met sand gooi om koel te bly. Die feit dat hy omrol en sy ken krap, is glo ’n teken dat hy nie siek en beseer is nie.

Inwoners is gemaan om hulle afstand te hou en Buffel in vrede te laat. Daar is ’n versperring om hom geplaas wat hom die nodige ruimte gee. Inwoners is ook aangesê om hom nie terug in die see te jaag of om water op hom te gooi nie.

Buffel is geïdentifiseer deur middel van die litteken bo sy linkeroog en ’n geel merker op sy agterste vin.

Foto: Luis da Cruz

Bronne: Onrus-Vermont Facebook-bladsy, Whale Dolphin Spotters Overstrand , Twitter 

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief