PRETORIA, GAUTENG. – ’n Video van ’n openbare bus wat aan die brand is, doen tans op sosiale media die rondte. Dit is nie duidelik wanneer dit gebeur het nie.
Yusuf Ambramjee het ’n video gedeel van die bus wat glo onderweg na Pretoria aan die brand geslaan het. In die video kan gesien word hoe passasiers by die vensters uitspring. Sommige gooi hulle bagasie ook by die vensters uit.
Sosialemediagebruikers het onder mekaar gewonder waar die brandblussers was. Ander was begaan oor die moontlike rookinaseming deur die passasiers.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekendgemaak nie. Die naam van die openbare busmaatskappy is ook nog nie genoem nie en geen verklaring is uitgereik nie.
Bus caught fire en-route to Centurion, Pretoria.#CrimeWatch pic.twitter.com/7OHjXMvYKU
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) March 27, 2024
Bron: Yusuf Abramjee Twitter-blad





