Lees ook: Rose Hanbury se prokureurs vat Stephen Colbert vas oor ‘affair’ grap
Stephen Colbert, Amerikaanse komediant en skrywer, het onlangs sy spyt uitgespreek oor die grappe wat hy gemaak het na prinses Kate onttrek het uit die openbare oog.
Daar was verskeie teorieë oor haar verdwyning en Colbert het op The Late Show gespot met die gedokterde Moedersdagfoto en oor prins William se beweerde “affair”.
Dit was voor die prinses van Wallis erken het sy is gediagnoseer met kanker en tans behandeling ontvang.
Colbert het die week gesê hy is bewus daarvan dat hy “mense ontstel het” selfs voor sy haar diagnose bekend gemaak het. Hy het gesê “baie van sy grappe het mense in die verlede ontstel en hy is seker sy grappe gaan mense in die toekoms ontstel. Ek het ‘n standaard waarby ek myself probeer hou en dit is om nie iemand anders se tragedie gering te skat nie”.
Hy het ook gesê hy en sy span hoop die prinses word gou gesond.
Bronne: The Independent, Variety, Newsweek
Lees ook: Rose Hanbury se prokureurs vat Stephen Colbert vas oor ‘affair’ grap





