Video’s in berig.
Chaos het Donderdag in die Tshwane-raadsvergadering uitgebreek toe ‘n gestamp, gestoot en toejuigende aanmoediging ontaard het, terwyl selfone gebruik is om die situasie af te neem. ‘n Raadslid is aan sy hande en voete by die raadsaal uitgedra.
Elma Nel, DA-raadslid van Wyk 1 in Tshwane, sê aan Nuusflits niks van waarde het uit die vergadering gekom nie. Sy beklemtoon as raadslede deurstaan hulle hierdie tipe gedrag vir die inwoners van Tshwane.
“DA-raadslede word met geweld uit ‘n raadsvergadering gegooi. Ramabudo van EFF kan tydens raadsvergadering skree: “l want to moer ‘n boer and l want the blood of a boer on my hands”. Dit is aanvaarbaar. Met die vorige vergadering het hy vir die Speaker gesê: “l want DA members dragged out of here” en die Puppet Speaker dien sy meester getrou. Hierdie was beplan.”
Meer video’s kan op raadslid Nel se sosiale media gesien word.






