Kyk: Chaos toe houe tydens Ethekwini-raadsvergadering uitgedeel word

Lees ook :

Foto: Skermgreep video-opname Denzel Govender

KWAZULU-NATAL. – Chaos het tydens ‘n Ethekwini-raadsvergadering uitgebreek toe sekuriteitspersoneel gevra is om EFF-lede uit die vergadering te begelei.

Denzil Govender van Ground Zero Search and Rescue het video-opnames van die gebeure gedeel.

IOL berig die EFF het vroeër gevra Musa Mbhele, die stadsbestuurder, moet die vergadering verlaat weens beweringe van R1.9 biljoen se voorwaardelike toekenning vir infrastruktuur wat nie gebruik is nie en aan die nasionale tesourie teruggegee is. Die burgemeester het die raad meegedeel die toekenning is besnoei weens besparingsmaatreëls wat deur die nasionale regering ingestel is.

Die EFF het egter nie die verduidelikings aanvaar nie en het aangedring Mbhele moet die vergadering verlaat. ‘n Sekuriteitsbeampte wat die EFF moes begelei, is egter aangeval, waarna chaos uitgebreek het.

Bron: Denzil Govender, IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief