WES-KAAP. – Adv. Glynnis Breytenbach van die Demokratiese Alliansie het Woensdag kriminele aanklagte van korrupsie teen die ANC-minister Thembi Simelane by Kaapstad-Sentraal-polisiestasie gemaak.
Die DA sê op sosiale media Simelane, tans die minister van menslike nedersettings, was vroeër gekoppel aan die VBS-skandaal en word nou daarvan beskuldig dat sy, terwyl sy by Virtrovian gewerk het, geld gesteel het deur bedrieglike fakture aan Eskom in te dien. Vitrovian is ’n maatskappy wat deur Eskom gebruik is om betogings tydens die konstruksie van die Kusile-kragstasie te onderdruk.
Daar word beweer dat Vitrovian buitensporige tariewe aan Eskom gehef het en boonop gefaktureer het vir werk wat glo deur werknemers gedoen is wat in werklikheid nie bestaan het nie. Simelane se handtekening verskyn op die eerste van hierdie omstrede fakture, wat haar direk aan die beweerde korrupsie koppel.
Lees meer hier.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





