Kyk: Deon Meyer-film eersdaags te sien

Lees ook :

Deon Meyer - rolprent eersdaags te sien. Foto's: Facebook en ter illustrasie - Canva

’n Rolprentverwerking van Deon Meyer se roman, Heart of the hunter, gaan op 29 Maart op Netflix vrygestel word.

Meyer en Willem Grobler het die draaiboek behartig. Bonko Khoza, Connie Ferguson en Tim Theron is van die bekende akteurs wat in die rolprent te sien sal wees.

Die storielyn gaan oor Tiny Mpayiphele wat eens as ’n huurmoordenaar vir die regering gewerk het. Hy word weer in die misdaadlewe ingetrek wanneer ’n ou vriend ontvoer word.

Die roman, Heart of the hunter, het in 2002 verskyn. Meyer het ’n voorskou van die rolprent op sy Facebook-blad geplaas.

Bronne: IMDB, Deon Meyer Facebook-blad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief