KYK: Devon Hofmeyr by MK-dinee – vir eers deur UIM gegroet

Lees ook :

Foto: Devon Hofmeyr Facebook-blad

Devon Hofmeyr, die jeugleier van die UIM, is met onmiddellike effek, hangende ‘n dissiplinêre ondersoek, van alle posisies in die party geskors.

Die skorsing volg nadat Hofmeyr saam met Nikita Joubert, sy meisie, ‘n MK-partydinee van Jacob Zuma bygewoon het. Louis Liebenberg was ook teenwoordig.

Die ondersoek sal vasstel of Hofmeyr die grondwetlike gedragskode oortree het.

Neil de Beer van die party sê daar is geen samewerkingsooreenkoms met enige ander party nie.

Hofmeyr het die volgende op sosiale media geplaas:

My oggend skop af met n bang‼️

Na gisteraand se MK politiese gala in Johannesburg kom ek al hoe meer agter waaroor politiek gaan. Dit is eenvoudig. In my 9 jaar se aktivisme (nog voor politiek) het ek 65 van hierdie byeenkomste al bygewoon. Hierdie wêreld is baie meer kompleks as wat die gewone burger homself/haarself ooit sou kon indink.

Wanneer jy jouself offer vir die stryd vir vryheid van ons mense dan sit jy om die tafel saam met almal. Van jou vyande, vennote, vriende en familie. Dit alles gekombineerd begin ‘n duidelike prentjie skep. In my 9 jaar in aktivisme het ek verskeie prominente figure in die politiese en besigheidswêreld ontmoet.

Ek is nie bang nie. Ek is nie bang om met mense om ‘n tafel te sit nie. Ek is nie bang om voor van die grootste leiers wat die land al gehad het, te sit nie of in die oë te kyk nie. En dit is iets waaroor ek nooit skaam sal wees nie. Dit wat ons by die United Independent Movement UIM het om te offer vir Suid-Afrikaners is duidelik. En as ek die een is wat die langste moet gaan om hierdie stryd te ontleed, dan is ek bereid.

Dit bring my terug. Hierdie is my mense. Die mense wat agtergelaat is. Die mense wat niks beteken vir daai vet gat politikusse wat sy sakke vol druk elke maand en leë beloftes maak aan my mense net om sy gemaklike posisie en aftreeplanne te beskerm. Ek staan nie vir dit nie. En ek sal ook nooit nie.

So vat dit NOU van my af. Ja, jy gaan my sien. Orals. By alles. Saam met almal. Ek hou nie van kantlyne nie. Ek klim binne die fight in.

Devon Hofmeyr.

#UIM is coming

Tewie Wessels van die Bittereinders het reageer deur die volgende te sê en die foto onder op sosiale media te plaas:

Ek het so hard probeer maar as ‘n mens nie wil luister nie wat kan ek maak?

Ek sien ook in die kommentare op sosiale media dat jy mense vloek en slegsê ah nee ah Devon Hofmeyr kom wys nou inbors en vat VERANTWOORDELIKHEID.

Wanneer goeie mense jou vyande word….. Wat maak dit jou?

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief