KYK: Dogter soos besetene, verlam na gedokterde drankie

Lees ook :

AMERIKA. – Mense word teen ‘n gedokterde drankie gewaarsku deur ‘n ma wat ‘n video op sosialmediaplatforms gedeel het om ouers te bewus te maak oor wat kan gebeur as dit wel met hulle kinders gebeur.

VIDEO IN HIERDIE BERIG MAG DALK SENSIETWE LESERS ONTSTEL

Millie Taplin (18) se eerste aand uit na ‘n nagklub het haar in Ongevalle laat beland. Taplin kon vir vier ure nie loop of praat nie. Die ma sê haar dogter het tydens daardie paar uur soos ‘n “besetene opgetree” en dit was asof sy “gevries” was.

Neem twee slukkies van gedokterde drankie

Die ma vertel aan verskeie plaaslike media ‘n man het haar dogter ‘n drankie aangebied en vir haar gesê om dit te probeer. Na 5 – 10 minute het sy begin sleg voel. Sy het na buite gegaan. Sy het al hoe slegter begin voel tot haar bene begin lam word het. Haar vriende het haar ouer suster gebel. Sy is toe na Ongevalle geneem. Die dokters vermoed sy is twee soorte dwelms gegee – een om haar vaak te maak en een om haar te verlam.

“Ek sien dat sy by was, sy het oogkontak met my probeer maak, maar sy kon nie praat nie.” Taplin het ook na die tyd vertel sy kon almal hoor praat, sy het geweet wat rondom haar omgaan. Sy sê in haar kop kon sy antwoord op die mense se vrae, maar sy kon nie praat nie.

Haar ma sê sy het daaroor gedink of sy die video moet deel en het daarop besluit om mense die werklikheid van die gevaar te wys.

https://youtube.com/watch?v=zlDxSX1dN1s

LEES OOK: Table View-seuns baklei oor ‘pakkie skyfies’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief