MARGATE, KZN. – Inwoners van Margate is Sondagaand onkant gevang deur ’n fratsvloed wat die gebied getref het.
Volgens Simon April, woordvoerder van die Ray Nkonyeni-munisipaliteit, is vier mense dood as gevolg van die vloed. Drie mense se voertuig het tydens die vloed van die pad af gestort. Port Shepstone se K9- soek-en-reddingspanne moes die voertuig, waarin die oorledenes was, oopsny. Nog ‘n persoon is deur weerlig getref.
Die fratsvloed is deur intense donderbuie veroosaak. Verskeie paaie in Margate is tans onbegaanbaar.
Inwoners het die volgende beeldmateriaal van die skade op sosiale media gedeel:
Bronne: SABC, The Citizen, South Coast Sun, X
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: