JOHANNESBURG, GAUTENG. – ’n Geveg het Donderdag tydens ’n Ekurhuleni-raadsvergadering tussen EFF- en ANC-lede uitgebreek.
Dit volg nadat die speaker, Nthabiseng Tshivhenga ’n ANC-raadslid in plaas van ’n EFF-raadslid se versoek toegestaan het om die podium te nader.
In beeldmateriaal van die voorval kan gesien word hoe die raadslede mekaar te lyf gaan en met voorwerpe gooi. ’n Bottel water het op Tshivhenga te lande gekom. Verskeie sekuriteitsbeamptes moes betrokke raak om die gevegte te stop.
Na bewering spruit die voorval uit die aanloop tot die stemming vir ’n mosie van wantroue teen burgemeester Sivuyile Ngodwana.
Video-opnames wys verder hoe ’n raadslid die burgemeester se selfoon tydens die chaos “vat”.
Die volgende video is op sosiale media gedeel:
BREAKING
— Nkosi Malinga-Mnisi (@MnisiNkosikhona) February 29, 2024
Chaos has broken out in the Ekurhuleni council chambers, with EFF and ANC members throwing blows at each other. @POWER987News pic.twitter.com/ozDwUCKg1Y
Bronne: EWN, SABC, Twitter





