Tennisaanhangers kan begin opgewonde raak oor die nuwe dokumentêr oor die laaste tydperk in Roger Federer se tennisloopbaan. Federer: Twelve final days word op 20 Junie op Amazon Prime vrygestel.
’n Kort voorskou is onlangs deur Prime Video bekendgestel waarin ’n voorsmakie van die dokumentêr gegee word. In die voorskou sien kykers ’n gedeelte van sy uittrede-toespraak. Sy vrou Mirka vertel ook van sy ongelooflike tennisreis.
Die dokumentêr bied ’n kykie na die laaste twaalf dae van sy tennisloopbaan waar hy meer vertel oor sy besluit om uit te tree en wat dit vir hom se sy familie beteken.
Sy laaste wedstryd saam met Rafael Nadal in die O2-arena in Londen word in die dokumentêr ingesluit.
Bronne: ATP Tour, Tennis Majors, YouTube