KYK: Finse egpaar se seiljag beland op Santosstrand

Lees ook :

Foto: NSRI

WES-KAAP. – ‘n Finse egpaar, wat besig is om om Suid-Afrika te seil, het Dinsdagoggend met hulle seiljag op Santosstrand in Mosselbaai beland. Die seiljag is later die oggend Mosselbaai-hawe ingesleep.

Andrén Fraser van die NSRI sê ‘n reddingsvaartuig en -swemmers, asook ander rolspelers, is dadelik afsonderlik na die strand ontplooi, waarna die swemmers aan boord van die seiljag gegaan het. ‘n Opblaasboot van die Skippers Foundation van Mosselbaai het ‘n tou van die reddingstuig na die seiljag geneem.

“Met die tye van die seedeinings wat in die uitgaande gety aan wal gespoel het en met behulp van ons reddingstuig is die seiljag, wat aanvanklik langs die strand gelê het, getrek en gedraai om na die see te wys, waarna daar gepoog is om dit sagkens in die vlak water van die strand af te trek, maar pogings was nie suksesvol nie.”

Nadat die TNPA-hawesleepboot, Arctic Tern, aangesluit het, is die sleeptou na hulle oorgeplaas, waarna die jag suksesvol die see ingesleep is en daarna na die Mosselbaai-hawe. Die operasie is omstreeks 11:15 sonder enige voorvalle afgehandel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief