KYK: Gebarste waterpyplyn veroorsaak chaos

Lees ook :

Foto's: Skermskoot van video (krediet onbekend) en raadslid Mxolisi Khubisa

Video-opnames in berig.

KWAZULU-NATAL. – ‘n Gebarste waterpyplyn het Saterdag in die omgewing van die M19 in Reservoir Hills chaos veroorsaak. ‘n Video-opname (krediet onbekend) van die voorval is op sosiale media gedeel.

Ethekwini-munisipaliteit het Saterdag in ‘n verklaring gesê die pyp is geïsoleer en geassesseer om dit te herstel. Water het in groot hoeveelhede uit die pyp gestroom, wat die onmiddellike informele nedersetting oorstroom het.

“Water vloei nie meer soos in ‘n video gesien kan word nie, met ‘n span van die Stad se water- en-sanitasie-eenheid wat tans op die terrein omsien na die pypleiding.”

Daar sal ook ondersoek word wat veroorsaak het dat die pyp gebars het.

“Die munisipaliteit se noodspan doen ook ‘n evaluering van die nedersettings wat geraak is, om te bepaal watter bystand benodig word. Die Stad waarsku die publiek om nie op waterpypleidings te bou nie.
Indringing van pypleidingserwitute is ‘n risiko vir menselewens en eiendom, indien die pype sou bars.
Dit belemmer ook die Stad se vermoë om instandhouding aan sy ondergrondse infrastruktuur te doen. Die publiek moet op die uitkyk wees vir merkpale wat in oranje en geel vir grootmaatpypleidings geverf is en blou slegs vir retikulasiepypleidings. Dit is belangrik om bouplanne deur die munisipaliteit te laat goedkeur.

Alicia Kissoon, raadslid van die DA, was op die toneel en het gewaarsku mense in die gebied moet voorberei om sonder water te wees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief