KYK: Gesloer oor tipe hof hou saak van hofrol – AfriForum

Lees ook :

Foto's: AfriForum Privaatvervolgingseenheid

Waarskuwing! Video kan sommige lesers ontstel.

WES-KAAP. – ’n Jaar nadat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) besluit het om Gareth Webster vir strafbare manslag te vervolg, is die saak steeds nie op die hofrol geplaas nie. Daar word steeds gewag om te hoor in watter hof die saak aangehoor sal word.

Barry Bateman, AfriForum se woordvoerder vir die privaatvervolgingseenheid, sê in ‘n verklaring die saak spruit uit ’n ongeluk op 6 November 2022 in Swartvleistrandweg in Sedgefield waarin Danielle van Jaarsveld gesterf het toe Webster se Audi SQ5 teen haar Kia gebots het. Haar passasier, Monique van Zyl, is ernstig beseer. Die eenheid, wat Desire Keating, Van Jaarsveld se suster, verteenwoordig, sê die NVG kon nog nie besluit of die saak in die distrikshof of streekshof aangehoor moet word nie. “Dis drie jaar sedert die ongeluk en daar is nog geen vordering nie.”

Keating sê die gesin wag al jare vir geregtigheid. AfriForum sê hulle sal aanhou druk plaas om te verseker dat die saak uiteindelik hof toe gaan.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief