Dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van die vakbond Solidariteit, sê gesondheidspraktisyns en -diensverskaffers kan ná ‘n hofuitspraak hul reg van assosiasie en vryheid toepas.
Solidariteit het die Nasionale Gesondheidswet van 2005 se artikels 36-40, wat bepaal dat die minister vir ‘n gesondheidspraktisyn (dokter/spesialis ens.) deur ‘n sertifikaat van behoefte kan sê waar daar gewerk kan word, of nie, sedert 2021 in die hof beveg.
Die Noord-Transvaalse hooggeregshof het Woensdag met koste in die guns van die vakbond beslis. Artikels 36-40 van die wet is ongrondwetlik verklaar. Die uitspraak is nou vir bekragtiging na die gondwethof verwys.
Die NGV (Nasionale Gesondheidsversekeringswet) wat deur pres. Ramaphosa voor die verkiesing geteken is, het dus deur dié uitspraak bloedneus gekry. Die rede is omdat die gesondheidsversekeringswet se kernpilaar nou met die uistpraak van die Noord-Transvaalse hooggeregshof in die hof gekantel het.
Anton van der Bijl, die adjunkbedryfshoof en hoof van regsake, sê dit is ‘n groot stap en slegs die begin van ‘n groter geveg wat wag.
Kyk na dr. Hermann en Anton van der Bijl se video-opnames hier bo vir die verduideliking van die hofuitspraak.

