‘n Gr. 3-leerling, wat, soos sy skool, nie geïdentifiseer word nie, het onlangs in ‘n antwoord sy toekomsdrome om in die bendebedryf te wees in ‘n vraestel blootgelê.

Die leerling moes in vyf sinne verduidelik wat hy eendag wil doen en waarom hy dit wil doen.
In kort en kragtige sinne het die leerling onomwonde gesê hy wil ‘n gangster met ‘n vuurwapen in sy hand wees. Hy gaan boonop met vuurwapens in sy huis smokkel.
Met die merk van die vraag het die leerling die kommentaar van not ideal teruggekry.
Volgens Daily Voice het die onderwysdepartement in die Wes-Kaap die insident bevestig.
Bron: Kraailove Facebook-blad





