LIMPOPO. – Die beweerde saak van openbare geweld teen Tewie Wessels, Devon Hofmeyr en Willem Petzer het vir die daaropeenvolgende dag in die Groblersdal-landdroshof voorgekom. Die beweerde saak van aanranding en verhindering van ‘n polisiebeampte in die uitvoering van sy pligte teen Francois van der Merwe het ook voorgekom. Nie een van die beskuldigdes het borg ontvang nie. Die saak is tot Maandag 19 Februarie uitgestel.
Die landdros het aan die hof gesê hy is nog nie in ‘n posisie om ‘n beslissing te gee nie en wil Francois van der Merwe se saak by die ander beskuldigdes se sake voeg. Twee van die vier se regspan het aangedui hulle sal nie Maandag beskikbaar wees nie weens Hooggeregshofsake.
Die saak is gister uitgestel weens die feit dat dit laat begin het, daar beurtkrag was en tegniese probleme met hoftoerusting ondervind is.
Boermedia het vandag lewendig vanuit die hof gestroom.
Bron: Boermedia
Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





