KYK: Hoërskool weens ‘rasgevegte’ verdaag, minstens drie leerlinge beseer

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video

WAARSKUWING! Kru taalgebruik in beeldmateriaal kan lesers ontstel.

KWAZULU-NATAL. – Geweld het Dinsdagoggend voor 09:00 tussen leerlinge by Hoërskool Centenary in Asherville, Durban, uitgebreek. Die skool is om 09:30 verdaag. In ‘n video kan geweld tussen leerlinge ook buite die skool gesien word.

Volgens Denzil Govender van Ground Zero Search and Rescue het DRK Tactical bevestig minstens drie leerlinge het met beserings in hospitale beland.

Die polisie en veiligheidspersoneel was teenwoordig.

Die onderwysdepartement in die provinsie sê in ‘n verklaring die insident word ten sterkste veroordeel. Daar word daaraan gewerk om kalmte by die skool te herstel. Beamptes is by die skool ontplooi om ondersteuning te bied en daar word met alle rolspelers, insluitende die ouers, gewerk. Die insident word in samewerking met wetstoepassingsowerhede ondersoek om die skuldiges aan die pen te laat ry.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief