SUID-AFRIKA. – Checkers het aangekondig dat Little Shop terug is met ’n nuwe reeks van 46 mini’s wat van 22 September tot 9 November 2025 versamel kan word. Die advertensie het die Kurt Darren-treffer Hop Hop Spinnekop as tema.
Volgens Checkers kry klante ’n gratis mini vir elke R200 wat hulle bestee wanneer hulle hul Xtra Savings-kaart gebruik. Die nuwe versamelkas sluit nou ook ’n bordspeletjie en dobbelsteen in.
Die veldtog is geldig totdat voorraad uitverkoop is. Bepalings en voorwaardes is van toepassing.





