Kyk: Ivan en Donnalee se reeks eersdaags op die kassie

Lees ook :

Ivan en Donnalee se reeks eersdaags op die kassie. Foto's: DSTV en Facebook

Die nuwe kykNET-dramareeks, Een keer om die son, wat deur Ivan Botha en Donnalee Roberts onder die vaandel van 17 Films vervaardig is, se lokprent is vandag bekendgestel.

Die reeks bestaan uit twaalf episodes wat die lief en leed van ’n familie vir ’n jaar volg. Elke episode verteenwoordig ’n maand in die karakters se lewens.

Botha was die regisseur van Een keer om die son. Hy en Donnalee is medeskrywers saam met Liani Jansen van Rensburg, Retief Scholtz en Tine Kruger. Donnalee vertolk die rol van Amé Cloete in die reeks.

Volgens DSTV vertel die reeks die verhaal van ’n gesin wat op die oog af gelukkig lyk. “Ruan van Wyk is ’n neurochirurg en is getroud met Lani van Wyk. Hulle is die ouers van drie kinders: Markus, wat in matriek is, die 15-jairge Leandri en Sophia in gr. 1.”

Die reeks is in en rondom Kaapstad verfilm. Die volledige rolverdeling word volgende week saam met die amptelike uitsaaidatum bekendgemaak.

Die lokprent:

Bronne: DSTV, kykNET, YouTube

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief