“Die begin van my laastes , wat dink ons kattte
“
Jan Bloukaas het te midde van gesondheidsuitdagings sy eerste enkelsnit in twee jaar, genaamd Vlug, vrygestel.
Gebore as Jean du Plessis, het Bloukaas as sanger en liedjieskrywer gewild geword met liedies soos Kaas Elke Dag, Stellenbosch, Kyknet & Chill, asook Sterre Brand. Hy is twee jaar gelede met kanker gediagnoseer.
Hy was die afgelope twee jaar dikwels in die nuus oor sy dapper kankerstryd en het onlangs ‘n skarebefondsingblad, soos voorheen berig, begin om weer musiek te kan opneem. Ondersteuning het ingestroom en kanker kon hom nie keer om nuwe musiek vry te stel nie.
Bloukaas het op 9 Oktober die slegte nuus gehoor dat die kankergewas vergroot is, maar hy het volstoom gewerk om hierdie enkelsnit vry te stel. Hy het ook die nuus met sy aanhangers gedeel dat hy weer met behandeling gaan begin. Inkomste van die albums gaan deels vir sy behandeling aangewend word.
Nuusflits het voorheen berig Bloukaas is nou bedlêend, sy regterarm is verlam en hy het die gehoor in sy een oor verloor. Hy het ook tekenne gegee die album waarmee hy besig is, is sy beste sover.
Dit was nog altyd die plan:
Voordat ek gaan, wil ek God verheerlik, iets nalaat vir my ouers en mense help wat nie befondsing het vir kankerbehandeling nie.
Die album sal vir ewig en permanent ‘n persentasie royalties aan sulke organisasies skenk.
Dis my lewensdoel.
So elke keer wat julle hom gaan luister, genereer dit geld vir Christen- en kankerorganisasies en ek kan gerus wees ek laat iets aan my familie.
God kan. ![]()
![]()
![]()
![]()
Vlug kan hier gekry word.





