Die sanggroep, Jan Jan Jan, se nuutste enkelsnit, Dans, Kwagga is vandag vrygestel. Dirkco Jansen van Nieuwenhuizen, wat as Klein Kwagga bekend is, is al dansend in die musiekvideo te sien.
Die lied is oorspronklik deur Klein Kwagga se oom, Hackey Louw, met sy geboorte geskryf. Sy ma het die lied aan Boerboel Wear voorgelê. Hulle het dit weer vir Jan Jan Jan aangegee en so is die groep se eerste enkelsnit vir die jaar gebore.
Volgens Select Musiek, die platemaatskappy wat die lied uitgegee het, nooi Dans, Kwagga almal uit om op die dansvloer, langs die braaivuur of sommer voor ’n spieël hulle unieke danspassies te toon te stel.
Luister hier na die lied.
Kyk die musiek video:
Bron: Select Musiek, Jan Jan Jan Facebook, YouTube





