“Die yskoue winter mag dalk met ons wees, maar Jay du Plessis is hier om dinge warm te maak! Met sy splinternuwe enkelsnit, Dans Die Vlamme Dood, nooi hy aanhangers regoor die land om die koue af te skud en saam met hom te dans soos net hy kan,” sê Fanie Nel van die Coleske Groep.
Jay, eens ‘n sanger van die alomgewilde groep Eden, se nuwe enkelsnit word as ‘n opwindende toevoeging tot sy bekende dans/pop repertoire beskryf. Dit gaan oor ‘n man wat vir sy geliefde sing oor die wonderlike tye wat vir hulle voorlê.
Nel sê die liedjie is ’n eerbetoon aan liefde, geluk en die eenvoudige vreugde van saam wees, volmaak vir ’n Vrydagaand as jy die week se probleme agter jou wil laat. Wat dié snit besonder spesiaal maak, is die feit dat dit geskryf is deur Jay se goeie vriend, Johan Oberholzer, wat vroeër vanjaar oorlede is.
“Ek wens ek kon Johan vra wat sy inspirasie was, maar dit maak die liedjie vir my soveel meer persoonlik en emosioneel waardevol,” sê Jay, wat later vanjaar saam met sy vorige groep Eden op die Afrikaans is 100 Jaar Konsert-verhoog te sien sal wees. Al die sangers van die groep volg reeds vir etlike jare hul eie suksesvolle loopbane.
Werner Beukes het die produksie van die liedjie gedoen en hoewel daar nie tans ‘n musiekvideo vir die enkelsnit in beplanning is nie, kan aanhangers wel die liriek-video hier bo sien. “Dit was ’n fees om weer ná ‘n paar jaar saam met Werner te werk. Ons is reeds besig met nóg iets opwindends saam – hou gerus dop!,” voeg Jay by.
“Ek is net opgewonde om mense se voete aan die beweeg te kry. Dis presies wat hierdie liedjie doen, dis ’n regte danssnit met energie, warmte en lewenslus. Ek hoop die publiek ontvang dit goed. Tot dusver was ek nog nooit teleurgestel in my getroue luisteraars nie,” sluit hy af.
Dans die Vlamme Dood kan op alle digitale platforms hier aangetref word.
“Sit die volume op maksimum, trek jou dansskoene aan, en laat Jay du Plessis jou winter warmer maak!”, is Nel se raad.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]






2 Responses
http://farmaciabesurica.com/# Farmacia Besurica
Farmacia Besurica: farmacie senza ricetta online – farmacia online Italia