Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Kaapstad oor oorstromings gewaarsku

KYK: Waarskuwing oor oorstromings uitgereik vir Kaapstad

fotokrediet: X
KYK: Waarskuwing oor oorstromings uitgereik vir Kaapstad fotokrediet: X

Erge reën is tans besig om oorstromings in Kaapstad te veroorsaak.

Lees ook: Erge reën en donderstorms vir vandag voorspel

Verskeie paaie is blokkeer en volgens Cape Town ETC het ’n muur naby die brug oor die N1 agter Tygervallei ingegee en mense word aangeraai om die gebied te vermy.

Paaie wat oorstroom en gesluit is, sluit in: Nelson Mandela-boulevard, die N1 op pad na Durbanweg, tussen Robert Sobukwelaan en die pad na die lughawe, Liesbeekparkweg, Boys-rylaan, Baden Powell-rylaan, tussen JK Masemola/Macassarweg en die N2, Sunrise-boulevard, Ou Kaapseweg, Kommetjiepad, Glencairn- en Prince George-rylaan.

Motoriste word gemaan om stadig te ry met hulle ligte aan.

Bronne: IOL, Cape Town ETC, iAfrica, X

Lees ook: Erge reën en donderstorms vir vandag voorspel

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].