KYK: ‘King of Crocodile’ krimineel aangekla

Lees ook :

Foto: NDBV

WAARSKUWING! Beeldmateriaal kan sensitiewe lesers ontstel.

LIMPOPO. – ‘n Man wat in ‘n video genot daaruit put om ‘n Nyl-krokodil wreed te mishandel, is deur die NDBV se inspekteurs White en Mmoya, met behulp van senior inspekteur Khodobo van Louis Trichardt-DBV geïdentifiseer.

Jacques Peacock, woordvoerder vir die NDBV, sê: “Die man in die video is geïdentifiseer en ‘n strafregtelike klagte ingevolge die Dierebeskermingswet 71 van 1962 sal teen hom geopen word. Hierdie saak is egter meer as ‘n wettige een – dit is nog ‘n voorval wat die toenemende gewildheid van aanlyn dieremishandeling vertoon.”

Nadat die beeldmateriaal op 18 Januarie versprei is, is ‘n ondersoek geloods wat die NDBV en plaaslike DBV-inspekteurs na die Duthuni-woonbuurt gelei het waar die insident vermoedelik gebeur het. In die video, wat ten aanskoue en aanmoediging om dood te maak van ander individue vir vermaak geneem is, word gesien hoe die krokodil met skoppe en houe op die neus geterg word. Die wilde dier word selfs met klippe gegooi.

“Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat die man tot die krokodil se pyn en lyding bygedra het deur op die dier se tande te kap terwyl dit nog gelewe het. Natuurbewaringsowerhede het die dier later op ‘n menslike manier doodgemaak.”

Peacock sê dit is ontstellend dat die man geen berou oor sy aksies toon nie. Dit lyk asof hy dit geniet, totdat die dier noodlottig gewond is. Die man het homself as die “King of Crocodile” bestempel en ook dienooreenkomstig ‘n T-hemp met die bewoording op gedra. Die aantal insidente van dieremishandeling wat vir vermaak op sosiale media versprei word, maak die NDBV bekommerd.

“Dit is ondenkbaar dat gebruikers van sosiale media dieremarteling en wreedheid vermaaklik kan vind. Diere is voelende wesens wat, soos ons, positiewe en negatiewe gevoelens soos geluk, hartseer en pyn ervaar. Ons doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om alle diere met die respek te behandel wat hulle verdien. Terwyl krokodille ‘n bedreiging vir mense kan inhou wanneer hulle uit die water is, sal hulle oor die algemeen interaksie met mense vermy. Hierdie dier het geen onmiddellike bedreiging vir die man ingehou nie en het nie sulke marteling verdien nie. Vanaf 2017 is die Nylkrokodil as ’n kwesbare spesie op die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) se Rooilys gelys. Daar is absoluut geen rede om enige dier op hierdie manier te behandel nie.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief