WES-KAAP. – Paarl Boys’ Primary School se gr. 4-seuns het onlangs hulle ma’s met goeie etiket en boonop ‘n wals wat hulle geoefen het, verras. Kyk die voorbereiding en eindproduk hier.
Die seuns het maande lank geleer om hulself soos korrekte jong here te gedra en hoe om ‘n dame na ‘n formele funksie te vergesel. Hulle moes ‘n etenstafel korrek leer dek en leer wals.
Die skool sê in ‘n sosialemediaplasing die ma’s van die jong seuns het pragtig saam met hulle jong metgeselle gelyk.
“Well done gents. Your hard work paid off and we are happy you got to enjoy the morning with your special dates!”
Die gr. 4 A1-klas het ook verlede week geleer hoe om ‘n motorband om te ruil.