Kyk: Klein Kwagga dans sosiale media aan die brand

Lees ook :

Foto: Klein Kwagga Facebook-blad

Klein Kwagga (7), oftewel jong Dirkco Jansen van Niewenhuizen, het gedurende die naweek sosiale media op die maat van Bernice West se treffer genaamd Lyfie met sy passies aan die brand gedans

Die jong seun het sy eie Facebook-blad, Youtube en TikTok-blad waar hy gevolg kan word.

Nadat die video wyd en syd gedeel is, het verskeie instansies na vore gekom wat die Klein Kwagga van klere ensovoorts gaan voorsien.

Wat dink jy van sy selfversekerde optrede in sy kakiebroek, hemp en vellies?

OFM berig die gedansery wat hierdie jong seun oornag bekend gemaak het, het by Rene’s Art of Dance se jaareidkonsert op Benoni gebeur. Klein Kwagga se suster Elizma is die een wat eintlik by die dansskool ingeskryf is.

Klein Kwagga, wat ‘n geliefde bynaam van sy pappa is, se video is op sosiale media versprei en voor Mercia en Jaco, sy ouers, kon besef, was hulle seun oral op sosiale media te sien.

Dirkco gaan vanoggend by Pretoria FM se ateljee kuier. Hy wil ook graag vir Robbie Wessels en Faf de Klerk ontmoet.

Volgens OFM gaan Klein Kwagga in Desember sy televisiedebuut in die derde seisoen van Kyk Wie Praat, ‘n kykNET-reeks, maak.

Bronne: OFM, Klein Kwagga

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief