[t4b-ticker]

KYK: Konstabel wat glo staatsvoertuig dronk bestuur gearresteer

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname Yusuf Abramjee X

NOORD-KAAP. – ‘n Konstabel, verbonde aan Mothibistad-polisiestasie is gedurende die naweek vir beweerde dronkbestuur met ‘n staatsvoertuig in hegtenis geneem.

Brig. Mashay Gamieldien sê die konstabel was aan diens. Aanklagte teen die konstabel is dronkbestuur, roekelose en nalatige bestuur, asook die gebruik van ‘n staatsvoertuig sonder die eienaar se toestemming. Die lid het reeds op die aanklagte in die Mothibistad-landdroshof verskyn en is op borg vrygelaat.

Lt.genl. Otola, die provinsiale kommissaris in die provinsie, het die insident veroordeel en gesê departementele prosesse in lyn met SAPS 2016 dissiplinêre regulasies is onderweg.

“Polisiebeamptes is bedoel om deur voorbeeld te lei. Ons verwag nie die gedrag wat op ‘n video uitgebeeld is van enige van ons lede nie. Ons sal verseker dat ‘n deeglike interne proses na die gedrag van hierdie polisiebeampte uitgevoer word. Ons kondoneer nie en sal nie sulke gedrag in ons geledere toelaat nie,” het genl. Otola gesê.

In die video hier bo kan gesien word die konstabel is in volle uniform.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief