KROONSTAD, VRYSTAAT. – Die Vrystaatse dorp, Kroonstad, loop ook onder oorstromings deur soos die koue nat weer ooswaarts oor die land beweeg.
Volgens Kroonstad se buurtwag het verskeie huise teen Sondagaand in die laagliggende dele van die dorp verspoel. Die N1-hoofweg wat verby Kroonstad gaan, het druk verkeer gehad nadat water vanaf brûe en omliggende areas daaroor gestroom het.
Die duikweg wat inwoners toegang tot die sakekern bied, was ook teen Sondagaand verspoel. Beeldmateriaal van ’n brandweerwa wat daar vasgekeer is, is op sosiale media te sien.
Verder is die ou stadsaal ook gesluit.
Die volgende plasings is op sosiale media gedeel:
Kroonstad Today.
— Herr Heinz (@HeinzWakanda) April 7, 2024
When it blows in Cape town, 1-2 days later the rest of the country feels it.🇿🇦
People please stay vigilant tomorrow. pic.twitter.com/PseqeHWrvw
Bronne: Kroonstad Buurtwag, Twitter





