KYK: Leo Sonskyn ‘Amper Daar’ na hy amper opgee

Lees ook :

Foto: Fanie Nel

Leon van Zyl, oftewel Leo Sonskyn, een van die Top -finaliste van Die Kontrak se derde seisoen, stel sy eerste Afrikaanse enkelsnit, Amper Daar, vry.

Fanie Nel van die Coleske Group sê Leo Sonskyn se eerste Afrikaanse enkelsnit is ’n bewys van “aanhouer wen.”

Leo vertel hy het die liedjie geskryf met bydraes van vriende wat oor die jare idees bygevoeg het. Dit was in ‘n tyd wat sy hart amper musiek en die wêreld wou opgee. “Dis ’n liedjie van vasbyt en aanhou, wat wys jy kan enigiets doen as jy jou mind daarop sit en in die Here se wil lewe.”

Die musikant in die liedjie het nog nie sy doel bereik nie. Hy is doelgerig, het baie talent, maar spits hom op verkeerde dinge toe. Hy kon egter wel sy drome met uithouvermoë en die Here se hulp verwesenlik.

“Ek weet nie hoe die publiek dit gaan ontvang nie, maar ek weet my hart en siel en baie harde werk is in hierdie liedjie en ek hoop dit bring iets spesiaal – hoop en vreugde – na die Afrikaanse mark. Die uitreik van my heel eerste Afrikaanse enkelsnit beteken vir my die wêreld,” sê Leo.

‘n Musiekvideo wat deur Leon Barnard Studios opgeneem gaan word, maak Leo opgewonde. “Dit gaan die storie vertolk van ’n sukkelende musikant wat nooit opgee op sy liefde vir musiek en mense nie.”

Leo hoop Amper Daar vaar goed en dat hy meer liedjies kan uitreik en deur die land kan toer.

En wat was hierdie sanger met die diep stem se loopbaanhoogtepunte sedert Die Kontrak? Natuurlik waardeer hy sy tyd op Die Kontrak en die kunstenaars met wie hy werk en die toere en feeste waaraan hy deelneem – “… hoe die publiek my as kunstenaar ontvang en die oorweldigende ondersteuning wat hulle bied.”

Luister na Amper Daar hier.


Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App