INTERNASIONAAL, ENGELAND. – Liam Payne, die internasionale popster en eens deel van die groep One Direction, is vandag (Woensdag) ter ruste gelê. Hy het op 16 Oktober in Buenos Aires in Argentinië na sy dood geval.
Die begrafnis is lewendig deur NBC TV18 gestroom en kan hier onder gesien word:
Payne se kis het in ‘n wit koets vir sy begrafnis by St. Mary’s Church in Amersham, Buckinghamshire, opgedaag. Goeff Payne en Karen, die oorledene se ouers, sy seun Bear (7), Cheryl Tweedy, Kate Cassidy, sy meisie, voormalige lede van One Direction, Girls Aloud-lede, Simon Cowell, vorige romantiese vriendinne, en nog meer bekendes was almal teenwoordig om Payne te groet. Volgens beriggewing het sy aanhangers ook buite die kerk byeengekom om eer te betoon.
Payne se donkerblou kis, met silwer handvatsels en wit rose bo-op, is deur mans op hul skouers die kerk ingedra. Die woorde “son” en “daddy” is in ‘n huldeblyk in blomme op die koets uitgespel.
Terwyl die ondersoek na Payne deur owerhede voortgeduur het, het Andrés Madrea, die openbare vervolger in Argentinië, bekendgemaak drie persone, insluitende ‘n hotelwerknemer, is in verband met sy dood gearresteer. Die aanklagtes teen hulle is dié van verlating van ‘n persoon gevolg deur dood, asook die verskaf en fasiliteer van dwelms.
Bronne: NBC TV18, Independent, The Mirror, NBC News, Sky News en BBC





