KYK: Little Rascals-‘bankrowers’, een 11 jaar, vasgetrek

Lees ook :

Foto: FBI Houston

HOUSTON, TEXAS, VSA.

Drie beweerde bankrowers, oftewel die Little Rascals soos hulle genoem word, onderskeidelik slegs 11, 12 en 16 jaar oud, het op 14 Maart die Wells Fargo-bank in Houston, Texas, beroof.

Die trio, wat beslis nie soos in die film met dieselfde naam optree nie, het glo ‘n dreignota aan ‘n teller oorhandig, ‘n onbekende bedrag geld gebuit en gevlug.

Foto’s van die drie “bankrowers” is vrygestel en volgens die FBI, wat die misdaad in geen komiese lig sien nie, het twee van hulle se ouers kontak gemaak en hulle seuns aan die owerhede oorhandig. Die derde kind is ook deur die owerhede geïdentifiseer en in hegtenis geneem.

Die drie minderjariges is vir roof deur middel van ‘n dreigement aangekla.

Bronne: Inside Edition, NBC News en USA Today

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief