KYK: Little Rascals-‘bankrowers’, een 11 jaar, vasgetrek

Lees ook :

Foto: FBI Houston

HOUSTON, TEXAS, VSA.

Drie beweerde bankrowers, oftewel die Little Rascals soos hulle genoem word, onderskeidelik slegs 11, 12 en 16 jaar oud, het op 14 Maart die Wells Fargo-bank in Houston, Texas, beroof.

Die trio, wat beslis nie soos in die film met dieselfde naam optree nie, het glo ‘n dreignota aan ‘n teller oorhandig, ‘n onbekende bedrag geld gebuit en gevlug.

Foto’s van die drie “bankrowers” is vrygestel en volgens die FBI, wat die misdaad in geen komiese lig sien nie, het twee van hulle se ouers kontak gemaak en hulle seuns aan die owerhede oorhandig. Die derde kind is ook deur die owerhede geïdentifiseer en in hegtenis geneem.

Die drie minderjariges is vir roof deur middel van ‘n dreigement aangekla.

Bronne: Inside Edition, NBC News en USA Today

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief