Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Luiperd kry ystervark in Nasionale Krugerwildtuin beet

Luiperds is glo bekend daarvoor dat hulle op ’n gereelde basis ystervarke vang.

Kyk Luiperd kry ystervark in Nasionale Krugerwildtuin beet. Skermgreep: SANParke
Kyk Luiperd kry ystervark in Nasionale Krugerwildtuin beet. Skermgreep: SANParke

SUID-AFRIKA. – ‘n Luiperd het seker gemaak hy tree as wenner uit die stryd in ‘n onderonsie met ‘n ystervark. SANParke het gister ’n video gedeel waarin die oorblyfsels van ’n ystervark op die Skukuza-ruskamp se gholfbaan in die Nasionale Krugerwildtuin gesien kan word.

Ystervarkpenne lê wydverspreid oor die groen gras. Luiperds is glo bekend daarvoor dat hulle op ’n gereelde basis ystervarke vang. Hulle is geneig om enige diere wat kleiner en swakker as hulle is, as prooi te teiken. Sommiges durf selfs wildsbokke aan wat swaarder as hulle eie liggaamsgewig is.

Bronne: SANParke, Twitter, Seolo Africa