A group of bouncers beat a man to death outside a nightclub in Second Avenue, Westdene, Bloemfontein, FS.#CrimeWatch pic.twitter.com/S0jW8UTaP0
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) July 25, 2024
Waarskuwing: Die video mag sensitiewe lesers ontstel.
VRYSTAAT. – ‘n Man is Maandagoggend in Tweede Laan, Westdene, Bloemfontein, glo deur uitsmyters buite ‘n nagklub doodgeslaan.
Yusuf Abramjee het ‘n video van die voorval op sy X-profiel gedeel.
In die video kan gesien word hoe iemand aan die ander kant van ‘n voertuig getrap/ geskop word. Persone beweeg rond en ‘n vrou kan gesien word wat lyk asof sy haar ore toehou en by ‘n voertuig staan. ‘n Manspersoon beweeg nader en kyk. Vervolgens kan gesien word hoe die persoon aan die ander kant van die voertuig weggesleep word.
Lt.kol. Thabo Covane het die voorval aan Nuusflits bevestig. Twee van die uitsmyters is in hegtenis geneem, terwyl nog ‘n arrestasie verwag word.
“Die oorledene is tydens die noodlottige aanranding vergesel deur ‘n ander man, glo sy vriend, wat die aanval vrygespring het.”
Dinsdag is die eerste verdagte (31) omstreeks 21:55 aangekeer, terwyl ‘n tweede verdagte (27) ook volgens Covane nou in hegtenis geneem is.
Die polisie het hulp gevra om die oorledene te identifiseer of sy naasbestaandes op te spoor. Hy het dreadlocks en was ‘n ‘n kleurvolle hoodie met die nommer 10 agterop, ‘n swart sweetpakbroek en lemmetjiegroen sneakers, geklee.
Enigiemand wat kan help om hom uit te ken, kan kapt. David Amasoala by 082 468 1624 bel.