KWAZULU-NATAL. – ’n Man van ongeveer 44 jaar oud is Dinsdagoggend uit ’n onbedekte mangat in Browns Driftweg, Umgeni Park, gered nadat hy vermoedelik die vorige aand daarin geval het.
Volgens Marshall Security het lede van die publiek omstreeks 08:00 dié diens van die man bewus gemaak. Volgens aanvanklike inligting het hy omstreeks 20:00 die vorige aand in die mangat geval en die nag daarin deurgebring. ’n Gekoördineerde reddingsoperasie deur die metropolisie se soek-en-reddingseenheid, eThekwini-brandweer, IPSS Medical Rescue en Netcare 911, met ondersteuning van Marshall Security se spesiale operasionele span, is die man veilig uit die mangat gehaal. Hy is daarna vir verdere mediese behandeling hospitaal toe geneem.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: