Waarskuwing: Die video onderaan die berig kan sensitiewe kykers ontstel
GUYANA, SUID-AMERIKA. – ’n Meisieleerder se nek is gebreek tydens ’n bakleiery tussen haar en nog ’n meisie oor ’n seun.
Tydens die bakleiery het die dogter tussen twee stoele geval en haar nek gebreek. Sy is na ’n hospitaal gehaas waar sy mediese behandeling ontvang het.
Volgens gerugte woon die twee meisies ’n privaatskool by. Ontsteltenis het ook geheers oor die omstanders wat nie ingegryp het nie, maar eerder die voorval met hulle selfone afgeneem het.
Die volgende video word op sosiale media versprei:
When you're told to stop fighting, one girl nearly died following a fight where she fell on her neck again. pic.twitter.com/ubuSjxX1H5
— STREET FIGHT 🔞🥊 2M?🤩(FOLLOW FOR NOTHING MISSED) (@streetfighthard) May 22, 2024
Bronne: Ghana Education, Caribloop





