Hy’s klein, maar hy’s dodelik! Naoya Inoue, beter bekend as Monster, is ‘n Japannese professionele bokser en 4-gewig kampioen met ‘n indrukwekkende rekord van 27 wenne met 24 uitklophoue. Hy is onoorwonne en geen vegter kon nog ooit die raaisel oplos wat hy na die kryt bring nie.
Hy meet Dinsdag 3 September kragte met TJ Doheny van Ierland, wat self bekend is vir sy groot slaankrag en koppige taaiheid.
Bert en Schalk gesels bietjie oor die geveg en maak hulle voorspellings.
Het jy al ooit van hom gehoor?