KYK: Moenie reis nie – paaie in KZN gesluit, motoriste in voertuie vasgekeer

Lees ook :

Foto: Arrive Alive

KWAZULU-NATAL. – Die jongste nuus van die N3TC – N3 Toll Concession Pty Ltd om 06:25 is om tuis te bly en liefs nie te reis nie, aangesien paaie in KZN en die Vrystaat weens sneeu vir verkeer gesluit is.

In ‘n verklaring word gesê die N3 Tolroete is vanaf Estcourt in KZN, tot by Harrismith in die Vrystaat vir alle verkeer gesluit. Motoriste word aangeraai om nie na KZN te reis nie. Sommige ander paaie is ook weens hewige sneeu gesluit. Motoriste het op sosiale media gewys waar hulle noodgewonge gisternag in motors moes slaap, omdat hulle in die sneeu vasgesit het. Verskeie ongelukke en ander noodgevalle is aangemeld.

Die tolroete se beheersentrum is met oproepe vir hulp oorval.

Gevaarlike bestuurstoestande en swak sig is op die roete gerapporteer.

Die aanbeveling is om die area tot verdere kennisgewing heeltemal te vermy. Buiten die N3 by Van Reenenspas is die N11 Ladysmith na Newcastle gesluit, die N11 Amajubapas, R74 Harrismith na Bergville, Oliviershoekpas, R74 Greytown/Colenso-pad by Santa Maria, R103, N3 by Midmar/Howick, Tugela en Wilge-tolplaza en die R617-pad Kokstad na Underberg is ook gesluit. Ander paaie word gemonitor.

Bel die 24-uur N3-hulplyn by 0800 63 43 57 om probleme aan te meld of vir noodhulp.

Bronne: N3TC – N3 Toll Concession Pty Ltd, Arrive Alive, SANRAL en Dunlop

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App