KYK: Monique Steyn in die stilligheid getroud

Lees ook :

Foto's: Monique Steyn Facebook-blad en WOM

Monique Steyn, SA-sangeres en bekend as ‘n lid van Die Kontrak-span, is reeds ‘n geruime tyd gelede in George getroud. Sy het egters eers op 18 Mei ‘n video van haar en Robbie Nel se troue gedeel.

Kyk hier na die video van die troue.

Steyn het wel met plasings op sosiale media weggegee dat sy getroud is. Sy verwys na “groomie,” en “Vinnige trip huis toe vir werk, nou weer op pad terug na ons geliefde Oubaai en my MAN, Offisieel.”

Op Valentynsdag het sy ‘n foto van ‘n ring aan haar vinger gedeel wat aanhangers oor ‘n moontlike verlowing laat wonder het. Daar is in kommentaar gevra wanneer die knoop deurgehak gaan word. Elizma Theron het haar ook daar met hulle huwelik gelukgewens.

Op 29 Desember het sy haar vriendin vir “pre-wedding-bederf” bedank.

Wêreld Onbeperkte Musiek / World Of Music het ook die egpaar gelukgewens.

Lees hier onder wat Steyn (Nel) op haar blad gedeel het:

‘n Hele paar jaar terug kyk ek ‘n film genaamd In Her Shoes.

Hierdie gedig steek dadelik vas. �Onwetend wat die Here vir my veilig hou. En toe…

Op ‘n sekere dag, waar alles onder die perfekte son bymekaar kom, hoor ek hulle weer sing.

Vir Sy onverdiende, oneindige genade.

Vir my man.

Ons families.

Ons precious vriende. Ons mense.

Mekaar.

Ons geskenk.

💍
🤍
💍

Charl Kemp

I CARRY YOUR HEART

I carry your heart with me I carry it in my heart

I am never without it, anywhere I go you go, my dear

And whatever is done by only me is your doing, my darling

I fear no fate, for you are my fate, my sweet

I want no world for beautiful, you are my world, my true

And whatever a moon has always meant and whatever a sun will always sing, is you

Here is the deepest secret nobody knows

Here is the root of the root and the bud of the bud and the sky of the sky of a tree called life

Which grows higher than soul can hope or mind can hide

And this is the wonder that’s keeping the stars apart

I carry your heart

I carry it in my heart

– E. E. Cummings –

#Nelsbells

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief