KYK: Moordverdagte vas – polisiebeamptes uit woedende skare gered

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ’n Man wat gesoek word vir die moord op ’n 22-jarige is in hegtenis geneem in ’n huis in Ndwedwe waar hy geskuil het. Twee polisiebeamptes moes later uit ’n gespanne situasie met omstanders gered word. Volgens rapportering was die twee polisiebeamptes en hul gevangene vir byna ’n uur lank vasgekeer, terwyl individue gedreig het om die voertuig aan die brand te steek en die beamptes aan te val.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het bevestig dat hulle reaksiebeamptes aanvanklik sonder sukses met ‘n hommeltuig na die verdagte in digte bosse gesoek het nadat inligting ontvang is. Beamptes het daarna inwoners, familielede en kennisse ondervra en vasgestel dat die man by ’n familielid se woning wegkruip. Ná sowat twee uur se soek is hy uiteindelik onder ’n bed in ’n slaapkamer gevind, waar hy vasgetrek en aan die polisie oorhandig is.

Kort nadat die polisie die verdagte agter in ‘n vangwa gelaai het, het ’n groot groep inwoners saamgedrom en geëis dat hy aan hulle oorhandig word. Die situasie het vinnig versleg toe die skare die voertuig met klippe bestook en die uitgang met hindernisse soos betonblokke en dromme versper het. Rusa het versterkings en ’n helikopter na die toneel ontplooi, wat lugwaarneming gedoen en inligting aan grondspanne verskaf het. Reaksiebeamptes het uiteindelik die versperrings verwyder en ’n ontsnaproete geskep.

Die beamptes en die moordverdagte is daarna veilig sonder verdere voorvalle uit die gebied begelei. Geen beserings is aangemeld nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief