KYK: Motorfiets land bo-op voertuig

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Motorfietsryer, vermoedelik in sy 30’s, is ernstig beseer toe hy vanoggend net na 06:30 op die hoek van St. Johnsrylaan en Paynestraat in Pinetown in ‘n ongeluk was.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens is na ‘n ernstige motorfietsongeluk by die adres.

“Met aankoms was paramedici geskok om die Superbike nog bo-op die voertuig te vind. Paramedici het die motorfietsryer ‘n paar meter verder aangetref.”

Die beseerde motorfietsryer is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer voordat hy vir verdere mediese sorg na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is.

“In hierdie stadium is die gebeure wat tot die ongeluk gelei het onbekend, maar die SAPD en metropolisie was teenwoordig en sal verder ondersoek instel.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief