VRYSTAAT. – Die polisie het ‘n interne ondersoek geloods nadat ‘n video van ‘n polisievangwa van Sasolburg-OOP wat deur verkeersbeamptes geskut is op sosiale media versprei is.
Kapt. Loraine Earl sê die provinsiale kommissaris, wat van die video bewus is, het ‘n onmiddellike ondersoek na die betrokke bevelvoerder beveel. Die voertuig word deur Sasolburg se Openbare Orde-polisiëring gebruik.
Earl sê die ondersoek sal die omstandighede van die voorval uitklaar. Polisielede word gewaarsku om aan al die voorgeskrewe padverkeersreëls van die padverkeerswet gehoorsaam te wees wanneer hulle gemagtig word om ‘n staatsvoertuig te bestuur.
Sekere padverkeersreëls kan slegs deur polisielede in omstandighede van ‘n noodgeval tydelik geïgnoreer word wanneer dit met versigtigheid gedoen word en ook slegs indien dit geen lewens in gevaar stel nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





