Waarskuwing! Die video-opnames en foto’s wat deur Nuusflits ontvang is en deur Arrive Alive gedeel is, kan ontstellend wees.
GAUTENG. – Twee persone het gesterf nadat altesaam 11 voertuie omstreeks 12:10 op die N12-Wes by die Edenvalepad-afrit in Germiston in ‘n ongeluk betrokke was.
Arrive Alive sê nog twee persone is ernstig beseer terwyl ander gering beseer is. Almal wat mediese hulp benodig het, is na hospitale vervoer.
EMPD het kort gelede gesê die ongelukstoneel is opgeruim en die pad is oop vir verkeer.
Volgens Pretoria Traffic was die hoofweg omstreeks 16:00 vir verkeer in ‘n westelike rigting gesluit en motoriste moet hulleself vir hewige verkeer staal. Alternatiewe roetes word aanbeveel.



Bronne: Arrive Alive, Ekurhuleni Metropolitan Police Department en Pretoria Traffic WA-groep.





