Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Oomblik toe boot met vissermanne omslaan en hulle gered word

'n Vissersboot, die Azonto, het vangoogend in St. Lucia in die see omgeslaan, waarna al die vissermanne gered kon word.

Oomblik toe boot met vissermanne omslaan
Foto: Skermgreep van video Petrus Viviers

KWAZULU-NATAL. – Vissermanne van die boot Azonto het vanoggend op St. Lucia Estuary-strand tydens lansering omgeslaan.

Free Spirit II se vissermanne kon die mans wat aan die boot se neus vasgehou het van die seewater red.

Die beskadigde boot is daarna deur Wiseman van St. Lucia-strandbeheer met ‘n Landini-trekker uitgesleep, terwyl die NSRI opgedaag het.

Video geneem deur Petrus Viviers van Extreme Boating.