KYK: Oomblik toe ligte vliegtuig met bus bots

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video A Fly Guy's Cabin Crew Lounge

INTERNASIONAAL. – ‘n Ligte vliegtuig het Vrydagoggend in São Paulo, in Brasilië, vanuit die lug met ‘n bus op ‘n besige pad gebots. Twee insittendes van die vliegtuig het gesterf. Verskeie buspassasiers is beseer.

Die King Air F90, wat van die Capo de Marte-lughawe opgestyg het op pad na Porto Alegre, het minder as 5 km verder ‘n bus getref en ontplof.Die vliegongeluk word deur owerhede ondersoek.

Bronne: New York Times, A Fly Guy’s Cabin Crew Lounge, CNN, Sky News en BBC

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief