MPUMALANGA. – Twee persone het gesterf nadat ‘n Mercedes-Benz op die kruising van die R37 en R40 in Mbombela (Nelspruit) teen ‘n vragmotor gebots het.
Die ongeluk het Sondagoggend om 04:14 gebeur. ‘n Vrou het op die toneel gesterf en ‘n man wat die motor bestuur het, het in ‘n hospitaal gesterf.
Die ongeluk word deur die owerhede ondersoek.
Bronne: Suburban Control Centre, SA Trucker, Laevelder





