KYK: Oos-Kaap paaie weens sneeu nou gedeeltelik oop vir sekere voertuie

Lees ook :

Foto's: Eastern Cape Department of Transport

OOS-KAAP. – Paaie was van gister af vir verkeer gesluit en vanoggend was die Penhoekpas op die N6 en die Barklypas op die R58 steeds vir verkeer gesluit. Die padoppervlak is weens die sneeu glad en voertuie het vasgesit.

Die departement van vervoer sê provinsiale verkeersowerhede is hard aan die werk om te verseker motoriste kom veilig by hulle bestemming aan ondanks die sneeu en moeilike bestuursomstandighede.

Vanoggend na 08:00 was ligte diensvoertuie, minibusse en klein voertuie op die Penhoekpas toegelaat, maar busse en vragmotors is deur verkeersbeamptes veilig deur die pas begelei. Net na 11:00 is die R58-pad tussen Lady Grey en Elliot gedeeltelik vir ligte voertuie oopgemaak.

Motoriste is gemaan om waaksaam en versigtig te bestuur.

“Neem asseblief kennis dat weerstoestande mistig is, met geen reën wat aangemeld is nie, maar die padoppervlak is glad, dus word versigtigheid vir alle bestuurders aangeraai.”

Vir hulp kan motoriste 0800 644 644 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief